Gaste word vanaf 14:00 verwelkom.
Die seremonie begin 15:00
Kleredrag
Semi-Formeel
Ons nooi julle vriendelik uit om semi-formele kleredrag in sagte, neutrale kleure te dra, geïnspireer deur ons kleurpalet.
Drankies
Ons voorsien heerlike kos en wonderlike geselskap.
Drankies sal beskikbaar wees by die kontantkroeg vir elkeen se eie sak.
Gaste inligting
Om ons droomdag moontlik te maak, vra ons vriendelik dat elke gas se bydrae saam met die RSVP betaal word.
Volwassenes: R300 per persoon Kinders (4–10 jaar): R150 per kind Kinders jonger as 4 jaar: Gratis
RSVP Datum
Liewe familie en vriende, ons sal dit baie waardeer as julle asseblief voor of op die aangeduide datum kan RSVP. Indien ons teen daardie datum geen terugvoer ontvang nie, sal ons aanneem dat julle ongelukkig nie die spesiale dag saam met ons kan vier nie. Bevestig asb teen 26 September 2026
Geskenkwens
Ons grootste geskenk is elkeen se teenwoordigheid op ons spesiale dag, maar vir die wat graag iets wil gee,
sal ń kontant bydrae tot ons toekoms saam, opreg waardeer word.